Vrolike Vlaandere

België

Dis hiér waar opruiende slawe gedurende die 14de eeu gegesel is totdat hulle weer gereed was om hulle onderdanige plek in die samelewing te aanvaar.

Die oorspronklike loopdop.

Juffrou! Juffrou! Mag ek asseblief die kamer verlaat?

Dís wat oorbly nadat jy jou gat af geskrik het.

Je zegt je adres is waaaaaaat?

‘n Boekwinkel. Te oordeel aan die handelsmerk is pornografie en ander verderflike leesstof vryelik hier beskikbaar.

Trots geborg deur Isis, al-Qa’ida, Hamas, Islamic Jihad, Hezbollah en die Taliban... ۺۻۼ۸۳ۺઐ

So, jy gaan kuier saam met jou pelle in ‘n kroeg sonder om vir Mamma daarvan te verwittig. Indien jy slegs ‘n enkele een van dié meneertjies sou wegslaan, sal ‘deugniet’ waarskynlik die woord van keuse wees waarmee Mamma jou oor die kole sal haal. Indien jy dit egter sou waag om sewe, agt of nege van hulle na binne te stuur, kan ek aan twee ander Afrikaanse woorde wat met ‘n ‘d’ begin dink wat sy jou eerder sal toesnou.

Nie vir intellektuele nie.

Indien jy gewonder het waarin die Wegkruipertjiekampioen van 1982 sy prysgeld belê het.

Oe, eina! Dáái woord! Sag op die tong...hárd op die oor. Hierdie is inderdaad nié ‘n bordeel nie, maar wel ‘n stylvolle straatkafee waar kinders en selfs oumense hulself kan tuismaak. Wat is besig om van die wêreld te word?!

Vir die heethoofde onder ons.

Dis hout. Hárde hout. Hardehout wat nie van die Klipdrift-variëteit is nie.

Is dit nie redelik voor die hand liggend nie? Wanneer jy geabba word, moet jy styf vashou. Want hoe minder jy afval, hoe plesier sal jy hê.

‘Meevaller’ – ‘n toegewyde drinkebroer. Een wat saam met jou sal val.

Die enigste swart man wat ek ooit in Vlaandere teëgekom het. €900 = £770 = $980 = R18,000. Teen dáárdie prys beskik hierdie ‘mantel’ sweerlik oor towerkrag. Presies wát sal ek egter nooit weet nie, want teen die tyd wat ek dit sal kan bekostig om R18,000 vir ‘n jas op te dok, sal my ouderdomsverwante seniliteit reeds in só ‘n gevorderde stadium wees dat alles rondom my in elke geval soos towerkuns sal lyk.

So, nou weet ons almal waar blou Slush Puppy sy oorsprong het.

Van der Merwe se Vlaamse neef – die bedonnerde een.

In Vlaandere vind ‘n mens kennelik jolyt in énige aktiwiteit.

“Hei pel, as jy weer my cherry uitcheck gat ek vi jou op jou Lippenslaan.”

Van rooiwyn, dié het ek al gehoor. En van witwyn ook. Maar van Boudewijn? Sjô! Ek ys om te dink hoe wyn moet smaak wat dáár uitkom ...

Van te veel Boudewijn begin jy te babbel. Dan is jy ‘n babbelaer. En wanneer die Boudewijn uitgewerk het, gaan jy begin babeleer. Babbel – babbelaer – babbeleer.

Dit mag dalk waar wees, maar voordat die zatgeit intree is daar darem altyd eers ‘n lekkergeit om na uit te sien.

Tweedehandse CD’s teen weggeepryse. It’s a steal!

‘n Boeiende job? Sal dit nie ‘n meer gepaste posbeskrywing vir ‘n polisieman wees nie?

Boot Zonder Naam

Hierdie is ‘n snoepwinkel...waar jy jouself bedien. Dis dus ‘n selfbedieningsnoepwinkel. En die silwerkleurige voorwerp in die foto is ‘n selfbedieningsnoepwinkelskeplepel. En dís darem maar ‘n biélie van ‘n woord.

Ietsie om gedurende kortpouse uit ‘n kosblik te voorskyn te bring.

Smoefelhuis? Besluit jy maar self wat alles dáár binne aangaan.

Ons almal ken ‘n moerman – daardie onderwyser vir wie elke seun ‘n heilige vrees gehad het omdat die moerman gewéét het hoe om ‘n lat te swaai.

Dís waar jy ‘n skop moet mik om ‘n grypdief op sy herrie te gee.

A nee a. Om só na ‘n skattige sjokoladekatjie te verwys is darem maar hééltemal onvanpas.

Indien die stelling aan die linkerkant as jou chat-up line dien, is ek oortuig dat die antwoord op die vraag aan die regterkant ‘n besliste, dawerende ‘nee’ sal wees.

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.