Uttaya
Thailand

Indien daar ooit 'n onomstootbare bewys was vir die feit dat toeriste soms idiote is, dan is dié kennisgewingbord presies dít. Is dit regtig nodig om uit te wys dat dit nie gepas is vir 'n man om kaalbolyf rond te loop nie? Of dat toeriste verbied word om teen die Boeddhas op te klim? Of dat dit onkuis is om in die openbaar aan jou vrou se boud te vat? Of dat jy nie jou voete moet gebruik om na iets te wys nie? Ai, nee. Tóg interessant is die vermaning in die kennisgewing regs onder: "Don't touch the head of another person, even in a friendly gesture. Thais regard the head as the highest part of the body, both literally and figuratively." Daarsy. Nou weet jy ook.