TPSe – Tempels / pagodes / stoepas
Mianmar

Sowat 2 ure per motor van Inlemeer af, vind jy Kakku – ’n antieke aanbiddingsplek wat spog met meer as 2000 stoepas, netjies in rye staangemaak. Aan die spits van elkeen van dié stoepas is ‘n klokkie gemonteer, en wanneer die wind daardeur ruis, voel dit of jy jou in ‘n droomwêreld bevind. Hierdie kalmerende klokkespel het ten doel om meditasie aan die hand te werk, maar dit kan jou ook een-twee-drie aan die slaap sus. Daar is beslis niks ... um ... kakkurig aan dié plek nie.