Tibet se Top 10

Tibet

Met 'n klein bietjie verbeelding kan jy glo dis die openingsdag van die Olimpiese Spele!

Gebedsvlaggies, wat geil gesaai lê in Tibet, bevat Boeddhistiese mantras - wense vir vrede en voorspoed wat die Tibettane glo deur die wind na die uithoeke van die aarde versprei sal word. Elke kleur verteenwoordig 'n ander element. Blou vir lug, wit vir wind, rooi vir vuur, groen vir water en geel vir die aarde.

Oral waar jy kom lê die landskap oortrek met wat lyk na spinnerakke wat deur Dulux-spinnekoppe gespin is.

'n Straatlig, as die (aansienlik groter) ewebeeld van 'n gebedswieletjie. Sien bladsy 74 vir meer inligting rakende die Tibettane se amperse obsessie met hulle eie weergawe van die vroeteltol.

In Tibet is al die smouse van trouringe lankal reeds bankrot. In daardie deel van die wêreld word 'n getroude vrou eerder aan 'n veelkleurige voorskoot as aan 'n ring aan haar linkerhand uitgeken.

Dis onmoontlik om jou Tibet sonder sy jakke in te dink. Dié buffelrige beeste word oral aangetref in 'n verskeidenheid vorms - lewend én dood.

Die Instagram-generasie in aksie. Sug.

'n Groepie Chinese toeriste wat tender om hulle strotte uitgeruk te hê. Sien bladsy 75 vir 'n verduideliking van dié stelling.

Op bladsy 77 wei ek met groter omslagtigheid uit oor die opelugtoilette wat die landskap in Tibet ... um ... versier, asook oor die trauma wat volg nadat jy jou in só 'n toilet vasloop teen 'n man met sy broek om sy enkels. Maar selfs die binnenshuise toilette in Tibet bring beelde van die hel by jou op, soos uit dié foto gesien kan word. En terloops, dis nie mý bolletjie wat daar lê en loer nie, gehoor?

Boeddha in die voorgrond: “Het jy my slaappille gesien?” Boeddha in die agtergrond: “Neeeee, nie met 'n oog nie. Gaaaaap.”

'n Tradisionele Tibettaanse huis, iewers tussen niks en nêrens op die Tibettaanse platteland.

Dis neusie verby vir dié een!

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.