The Killing Fields
Kambodja

Elektriese skokke, aanrandings en skynverdrinkings was aan die orde van die dag, om sodoende skulderkennings te bekom vir misdade wat die beskuldigdes gewoonlik nie gepleeg het nie. Daarna is gevangenes onder die dekmantel van die nag na Choeung Ek, 'n nedersetting buite die stad, geneem om daar wreedaardig tereggestel te word.