
In elke huishouding is 'n plat, ronde klipplaat wat met 'n paar druppels water besprinkel word voordat 'n stukkie boombas in sirkelbewegings daaroor geskuur word. Ná 'n minuut of wat se skuurdery verskyn daar dan 'n geel smeersel bekend as "thanaka" op die klipplaat.