In 1963 was dié rooibaksteengebou bekend as The Book Depository. Onder hulle werknemers het ook ene Lee Harvey Oswald getel.
Vandag kreun The Book Depository onder sy nuwe, lang naam - The Sixth Floor Museum at Dealy Plaza. Maar desondanks huisves dit 'n uitstekende uitstalling wat die lewe, dood en nalatenskap van president John F. Kennedy eer.
Daar is 'n X geverf op dié pad, op die presiese plek waar JFK se kar getrek het toe hy geskiet is. Ek het dié foto geneem toe ek rég bo-op daardie X gestaan het. Lee Harvey Oswald het geskiet vanuit die venster heel bo, heel regs.
Die uitsig vanaf die Grassy Knoll - dis van daar af wat Zapruder sy legendariese skote van JFK se sluipmoord verfilm het.
Nightmare on Elm Street. Dit was die laaste straat waarin John F. Kennedy ooit sou afdraai.
Met hierdie uitsig oor Dealy Plaza van Reunion Tower af, kan mens sien hoe naby Kennedy aan The Book Depository was toe hy geskiet is.
Die observasiedek van die Reunion Tower bied ook 'n asemrowende uitsig oor Dallas se sentrale besigheidsdistrik.
En van hier af is daar net 'n paar foto's van Dallas wat ek een middag geneem het terwyl ek deur die strate gedwaal het. Ek weet nie wat die name van die geboue is nie, en ek ken nie die geskiedenis daaragter nie. Dit was maar net vir my mooi.