Tennessee – Nashville – Grand Ole Opry
VSA

Die weeklikse vertoning by die Grand Ole Opry is 'n verskeidenheidskonsert, en met die verloop van die paar ure wat die vertoning geduur het, is ek inderdaad aan countrymusiek van 'n wye verskeidenheid blootgestel. Ek het altyd gedink country is maar country is maar country, maar ek kon nie meer verkeerd gewees het nie!