Tennessee – Memphis – Graceland
VSA

In sy goue jare het Elvis die toekennings ingeryg. Goue plate, platinumplate, lokettrefferflieks, toekennings van die industrie - hordes en hórdes. Maar interessant genoeg het Elvis nooit noemenswaardige erkenning van die musiekbedryf self ontvang nie. In sy loopbaan het hy maar drie Grammy's gewen, en al drie was in erkenning van sy gospelliedjies.