Tennessee – Lynchburg
VSA

Daar mag dalk nie 'n Wallmart, MacDonald's of ononderbroke selfoonopvangs in Lynchburg wees nie, maar die groot trekpleister van dié spikkel op die kaart is die wêreldberoemde distilleerdery in sy midde. En in ruil vir 'n $10-noot sal die gawe mense by oom Jack se plek jou gaan wys wat aan die binnekant van hulle distilleerdery aangaan.