Taalvulkaan

Filippyne

Onderweg na die Taalvulkaan het ons deur klein dorpies gery en dieselfde gesien as in Manila - Katolieke kerke ... en armoede.

Maar net soos in Manila blyk die landelike Filippyners gedetermineerd te wees om, ondanks hulle omstandighede, die lewe te geniet.

Só het ons onsself selfs midde-in 'n feestelike religieuse optog bevind (die San Guillermo-fees) en die energie, kleure en klanke het ons spontaan saam laat feesvier.

Nadat ons toerbussie ons uitgespoeg het, moes ons eers 'n bootrit onderneem op een van die talle mere wat die Taalvulkaan omring.

Dit het 'n verdere anderhalf uur se stywe stap geverg om tot by die rand van die krater te vorder ...

... maar ons asems is behoorlik weggeslaan deur wat ons daar aanskou het.

Wat sou ons sonder foto's maak? Ons het vir 'n skrale tien minute of wat hier gesit en tuur oor die Taalvulkaan heen, maar danksy dié foto kan ek daardie herinnering tot in der ewigheid toe met groot lekkerky afstof.

Kopiereg? Wat vir 'n ding is dít?

Hierdie is nie my foto nie, maar dit gee mens 'n goeie idee van wat die Taalvulkaan is - 'n meer in 'n eiland in 'n meer op 'n eiland in 'n meer op 'n eiland in die see. En die groen gras groei daar om.

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.