Puerto Princesa Ondergrondse Rivier

Filippyne

Waar ek vandaan kom kan mens net toegang tot 'n ondergrondse rivier deur 'n boorgat verkry. Ek het dus gesukkel om te verstaan hoe ons almal in 'n boorgat sou pas om hierdie natuurwonder te aanskou.

Net om te verseker dat niemand verdwaal nie ...

Dit was egter nie 'n boorgat nie, maar 'n vyf kilometer lange grot met 'n rivier vir 'n bodem, en ons besoek het plaasgevind in 'n roeibootjie wat deur 'n gids voortgestu is.

Ons gids het ons al drywend op die ondergrondse rivier probeer oortuig dat een van die formasies soos broccoli lyk, 'n ander een soos 'n preekstoel, en nóg een soos 'n wulpse jong dame. Maar hoe ek ook al my kop gedraai of my oë skeelgetrek het, kon ek maar nét nie sien wat ons gids wou hê ek moes sien nie. Besluit jy maar self wat dié een veronderstel is om te wees. Vir my lyk dit soos 'n tros spaghetti.

Met daardie uitrustings sou ons nie uit plek gelyk het op 'n bouperseel nie!

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.