Propaganda – Plakkate in die strate

Noord-Korea

Geen onderneming in Noord-Korea is in privaatbesit nie - alles behoort aan die staat. As sulks is daar geen mededinging tussen besighede nie. Geen mededinging = geen advertensies. Daar mag dalk geen advertensieborde sigbaar wees nie, maar genoegsame kleur word aan die omgewing verleen deur die honderde propagandaplakkate wat op elke hoek en draai uitgestal word.

Almal wat Amerika haat, vorm 'n ordelike ry hier.

Jaaaaaaaa! Die Bokke het die Wêreldbeker gewen!

Wolraad Woltemade, is dit jy?

Een van die talle kleurvolle mosaïeke wat ‘n mens sommer so langs die sypaadjies in Pyongyang aantref.

Kim Jong Un op die Pyongyang Times se voorblad? Nooit!

In Noord-Korea is daar nie 'n enkele winkel wat die gewone snuisterye aan toeriste verkoop nie - yskasmagnete, sleutelhouers, bierbekers ... vergeet maar daarvan. In plaas daarvan, kan besoekers aan Noord-Korea die herinneringe in plek hou deur iets uit die pen van een van Die Leiers huis toe te vat.

O, en jy kan ook jou gedagtes op 'n propagandistiese poskaart neerpen en die wêreld in stuur. Hier is 'n versameling van die poskaarte wat in die paar aandenkingswinkels waarin ons toegelaat is, te koop aangebied word. Die VSA is heel duidelik nie die Noord-Koreane se gunstelingland nie

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.