Pjongjang – Die Juche-toring
Noord-Korea

Die uitsig vanaf die Juche-toring oor Pjongjang. Die kleurvolle geboue is straks die enigste titsel kleur wat die inwoners van dié stad in hulle daaglikse bestaan beleef. In die middel van dié foto kan die monument wat ter herdenking van die Koreaanse Werkersparty se stigting opgerig is, gesien word.