Noord-Koreane is onplesierig. Dit kán julle glo.
Noord-Korea

Die kameraman - straks die heel belangrikste persoon op daai plein. Want danksy hom, en talle van sy kollegas wat op ander plekke in die land gestasioneer was, kon die nasionale nuusdiens daardie aand beelde uitsaai van 'n verenigde, homogene nasie wat eenparig en onwrikbaar tot in alle ewigheid bankvas agter hulle wyse, dierbare leiers sal staan.