Namtsomeer

Tibet

‘n Vername rede vir die anneksasie van Tibet in 1950 was om watersekerheid vir China te verseker. Die talle gletsers, mere en riviere van die hoogliggende Tibet, ook bekend as “die watertoring van Asië”, sou genoegsame water aan al die laerliggende dele van China bied. Verskeie groot riviere in China, soos die Yangtze en die Mekong, word vandag nog met water uit Tibet uit gevoed.

Oomblikke voordat ek besluit het om liefs te retireer, voordat dié bulletjie dalk sou besluit het om my soos 'n sosatie teen sy horings te laat afgly!

There are a little grammatical error on this notice board. Can you spots it? Let ook op die grootte van die Chinese skrif in vergelyking met die Tibettaanse skrif.

Dis ek in die voorgrond, en die Himalajas in die agtergrond.

Miniatuur-gebedstorings, wat die landskap rondom Namtsomeer versier.

Danksy 'n naderende storm kon ek hierdie treffende foto van my reisgenoot Nemo by die Namtsomeer neem. Hy is inderwaarheid aansiénlik groter as wat hy in dié foto lyk. :-)

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.