Nacpan

Filippyne

Nacpan-strand is 'n tropiese paradys - 'n twee kilometer lange strook ongerepte kuslyn, ingeboesem tussen twee prentjiemooi heuwels.

Ná my onderonsie met 'n E. Histolytica-parasiet was ek net 'n skadu van die man wat ek eens was.

Die ekovriendelike, oftewel elektrisiteitslose pondokkie by Nacpan wat vir vyf dae ons tuiste was.

Wanneer ek reis is hospitaalbesoeke nie juis hoog op my agenda nie - om voor die hand liggende redes. Ek moes egter noodgedwonge mediese hulp inroep, soos wat ek met groot omslagtigheid verduidelik op bladsy 135 van my boek.

Weerloos. Futloos. Kragteloos. Beplak met kleefpleister wat 'n naald so dik soos 'n baba se pinkie in my voorarm in plek hou. Ek lag vandag hieroor, maar as ek bietjie langer gewag het om behandeling te kry, was ek heel moontlik vandag nie meer in die land van die lewendes nie.

Ten minste kan mens verseker daarvan wees dat jy presies een liter se petrol koop!

Spitstyd by 'n strand naby Nacpan - dáái is nie 'n traffic jam nie, dis 'n tricycle jam!

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.