
Monument Valley is waar John Wayne sy cowboyflieks gemaak het. Enigiemand wat al 'n regte-egte Hollywood-Western gesien het, sal hierdie landskap herken. Wanneer ek dié foto bekyk, begin die temalied van The Good, The Bad and The Ugly onmiddellik in my kop te speel.