Montana

VSA

Ek ís al met 'n vorige geleentheid in Montana welkom geheet. Dit was egter in 1990. Dit was my eerste dag in standerd 6, en die Montana hier ter sprake is Hoërskool Montana.

Al wat my dié keer by Montana ingewag het, was 'n kennisgewingbord, 'n ysige wind en 'n breë pad wat deur feitlik niemand gebruik word nie.

Montana het 'n bevolkingsdigtheid van 7.1 mense per vierkante myl. As sulks is dit makliker om 'n wildehond in die wildtuin te sien, as 'n mens in Montana.

Broadus - 'n dorpie met 'n bevolking van 456. Kan jy jou die kleindorpie-intriges voorstel wat dáár uitbroei?

Ek het 'n sterk vermoede dat die sherriff in Broadus se grootste kopseer verveeldheid moet wees.

Verkeerdevlei ... is dit jy?

Cowboys ...

... and Indians. Montana is Indiaanwêreld, maar dis nou nie die plek waar jy 'n lamb rogan josh of 'n tikka masala kan optel nie, hoor. Dáái is ander tipe Indians.

Die kerk en die bar is langs mekaar a-hammmmm. Iewers langs die pad onderweg in Montana.

'n Moose lekker bier, dié een.

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.