Mangyongdae, die nederige geboorteplek van die "heel grootste staatsman van alle tye".
By dié tafeltjie het Kim Il-Sung, um, “na bewering” op 3-jarige ouderdom sy gevleuelde slagspreuk neergepen.
Ek het gehoop dat ek, indien ek die water uit dié put by Mangyongdae drink, geseën sal word met selfs net 'n stukkie van die groot wysheid waaroor Kim Il-sung beskik het. Dit het helaas nie gebeur nie. Ek is vandag ewe onwys as wat ek nog altyd was.