Manila

Filippyne

Die uitsig vanuit ons hotelkamer. Manila, moet ek eerlikwaar sê, het my nie juis getref as 'n juweel van 'n wêreldstad nie.

Vir 'n handvol pesos kan toeriste 'n pretrit in dié trokkie onderneem. Om in te pas by die omgewing sien dié blik met wiele ook maar gehawend daar uit.

Die mooiste vrou in die wêreld voor die grootste deur in die wêreld. Dié deur behoort aan die imposante San Augustin-kerk in die Intramuros - 'n ommuurde deel van Manila wat in die Spaans-koloniale tydperk as handelsentrum gedien het, en vandag deur toeriste deurtrap word.

Wat 'n verstommende gesig - 'n halwe perd! Nie iets wat jy sommer aldag te siene kry nie.

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.