Kalifornië – Los Angeles – ‘n Aand by die Grammy’s

VSA

Danksy my vriend, Kobus Johnsen, het ek 'n eens in 'n leeftyd geleentheid gekry om die Grammy toekennings in Los Angeles by te woon.

Toe ek uit Guangzhou uit weg is, sou ek in my wildste drome nie kon raai dat ek my op die rooi tapyt by die Grammy's sou bevind nie. Om gepaste klerasie vir die okkasie te bekom, was 'n groot storie. Sien bladsy 222 vir daai storie.

Saam met my ou skoolvriendin, Jeanne-ette Ryan nee Boshoff. Dit was danksy haar dat ons ook 'n eksklusiewe after party kon bywoon.

Met ons aankoms by die arena is ons rubberarmbandjies in die hand gestop, en gevra om dit aan ons gewrigte te dra. Toe die vertoning afskop, het dié armbandjies skielik lewe gekry, en eenklaps was die ganse arena in hierdie pers gloed gehul.

Ons het bronskaartjies gehad, en derhalwe is ons op die heel boonste vlak geplaas. Maar wat maak dit saak? Ek sou immers op die dak sit as ek moes.

Adele doen haar ding. Ek is ongelukkig net toegelaat om foto's met my selfoon te neem. As 'n resultaat is die kwaliteit van dié foto maar effens bedenklik.

Soos 'n kind in 'n speelgoedwinkel.

Dit was kort nadat dié foto geneem is wat ek my interaksie met "Johnny Depp" gehad het. Volg dié skakel om dáárdie storie te hoor: www.youtube.com/watch?v=jnDVngggIqY&t=22s

By die after party wat deur GQ Magazine aangebied is - by 'n herehuis iewers in Beverley Hills. Al was dit 'n Maandag, het The Weeknd veel gehad om oor fees te vier.

Selena Gomez, Taylor Swift, Ellie Golding en Camilla Cabello staan die media te woord.

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.