Florida – Kissimmee – Rodeo

Florida

Die son het al water getrek, maar in die vroegskemerlig was die "Vote Trump"-bordjies aan weerskante van die ingang nog duidelik sigbaar. Soos wat ek spoedig sou uitvind, is die manne by 'n rodeo se bloed rooi, hulle politieke party is rooi, maar die rooiste van als is ... hulle nekke.

Ek was 'n rodeo-virgin, en ek moes $15 betaal om van hiérdie eienaardige maagdelikheid ontslae te raak. Dit klink soos rodeo-prostitusie ... wat dit seker wél was.

Big Chief - oomblikke voordat die Groot Gebed 'n aanvang sou neem.

Rodeo? Nee wat, Candy Crush is báie meer opwindend.

"En vir my volgende toertjie ... sal ek hierdie lewendige stuk steak op sy voorpote laat balanseer! Ta-daaaa!"

Ek wonder van waar af is die ou hier links onder.

Dié kennisgewing word kennelik verontagsaam.

Ek het ná die tyd besef ek het nooit 'n foto van die besope, vloekende, maar tóg innemende cowboy geneem nie. Daai dude was net in en uit my lewe uit. 'n Halfuur, tops. Maar hier praat ek vandag nog oor hom. Verstommend, eintlik. En ek het nie eers 'n foto van hom nie ... Maar toe ek hierdie foto later mooi bekyk, het ek besef dat ek tóg 'n foto van hom het - wat ek onwetend vóór ons ontmoeting van hom geneem het. Dis hy hier links in die foto - die cowboy met die swart hoed. Die whisky het teen daai tyd reeds gemaak dat hy aan die heining moes hang. Shame, man.

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.