Everest se basiskamp
Tibet

Hierdie silindriese toestelle is gebedswiele, en dit kom wydverspreid voor in die Boeddhistiese wêreld, nie net in Tibet nie. Hierdie wiele bevat inskrywings van Boeddhistiese mantras, oftewel gebede. Daar word geglo dat die draai van ‘n gebedswiel dieselfde effek het as wanneer die mantras wat daarop verskyn mondelings voorgedra word.

Die binne-aansig van 'n sogenaamde teahouse - 'n kruising tussen 'n tent en 'n hut waarin besoekers aan die basiskamp gehuisves word. Die eiergebraaide rys wat ek vir aandete genuttig het, en wat later in temperature onder vriespunt op die grond buite die teahouse beland het, is gaargemaak op die koolstoof wat links op die foto gesien kan word.