El Nido

Filippyne

Met daardie verspotte skroef kan jy beswaarlik 'n rubberbootjie aandryf, maar op die wieke van die windjies wat deur dié skroefie voortgebring word, is ons van Manila na El Nido vervoer.

Hierdie is gewis die mees unieke aankomssaal waar ek nog ooit gearriveer het - 'n dubbelverdiepinghoutstruktuur met 'n grasdak, wat eerder lyk na 'n Bosveld-lodge as die luhaweterminaal van 'n internasionale toeristebestemming.

Die vertreksaal lyk nie net baie soos die aankomssaal nie, dis ook skaars 20 tree daarvan af geleë!

Dié manne moet een keer per dag hulle bene rek, wanneer die enkele daaglikse vlug van Manila af sy opwagting maak.

Tricycles - driewielmotorfietsies wat in die Filippyne diens doen as taxi's.

El Nido - Spaans vir "Die Nes" - mag dalk 'n effe deurmekaar nes wees, maar dit spog ook met van die mees asemrowende natuurskoon ter wêreld.

Rye en rye spoeg-en-plak-gastehuise en tweesterhotelle wedywer langs die smal, stowwerige strate van El Nido vir 'n plekkie in die son.

Eskom? Is dit julle handewerk dié?

Katolisisme is gróót in die Filippyne. Só groot, dat 'n volle 85% van die bevolking as Rooms-Katoliek identifiseer.

Die skuit wat ons op ons dag van island hopping vervoer het. Sien bladsy 130 vir details.

Die natuurskoon wat El Nido omring is enige reisagentskap se droom. Karststeeneilandjies, soos hierdie een, lê geil gesaai in die waters wat dié eiland omring.

Oomblikke voordat ek my kop onder die water gedruk het en my byna boeglam geskrik het vir die duisende tropiese visse wat in die waters daar onder my voete baljaar het.

Middagete, sommer so op die strand bedien, tydens ons island hopping-ekstravanganza.

Hoor-hoor! Ek lief El Nido ook!

Geen lewensredder aan diens nie? Ha ha ha! Hierdie ouens moet eerder nooit 'n draai op 'n Suid-Afrikaanse strand gaan maak nie. Op dié strand was geen golfies te bespeur nie. Hoe jy dáár sal verdrink, weet ek nie.

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.