Kalifornië – Pacific Coast Highway

VSA

Venice Beach - Los Angeles. Ek sou die volgende dag ontdek dat Los Angeles en San Francisco toe nou nié net om die draai van mekaar af lê nie.

Nou ja, my besoek aan San Francisco mag dalk skipbreuk gely het, maar ten minste het dit my die geleentheid gegee om op my tyd al teen die skilderagtige Pacific Coast Highway langs voor te kruie.

Die natuurskoon van die Pacific Coast Highway is werklik uitsonderlik. As sulks was dit dalk 'n bedekte seën dat ek toe nooit by San Francisco uitgekom het nie!

Ek het talle klein kusdorpies raakgery, maar dit was verál 'n ondervinding om tyd te spandeer in Malibu - waar die rykes en die beroemdes eiendomme besit.

Ek was uiteindelik só beïndruk met dié deelstaat, dat ek dit eenvoudig nie kon verhelp om iets corny oor California op 'n strand neer te skryf nie.

Ek het só baie tyd in my huurkar spandeer dat ek later 'n spesiale band daarmee gevorm het. Ek het uiteindelik 6 250 kilometer daarin afgelê, en in die proses nege Amerikaanse deelstate getref. Hierdie vuil kar was my trots. My badge of honour. My Honoris Crux. Totdat 'n onverwagse, onwelkome reënbui al my harde werk ongedaan gemaak het en my met 'n vervelige, silwerskoon kar gelos het.

Tatta kar. En tatta Amerika.

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.