Die Boeddha is bobaas!

Mianmar

Ek sou graag 'n vlieg teen die muur wou wees om te hoor wat uit dié vroue by die Chaukhtatgyi-tempel in Jangon se monde gekom het. Maar wat dit ook al was, dit moes vreeslik interessant gewees het, want dié Boeddha lyk of hy aandagtig luister. Of was dit dalk 'n vervelige geskinder - dié dat hy maar gaan lê het?

Nóg 'n Boeddha, aan die voet van Mount Popa.

Dié Boeddha wat so plat op sy sy lê, is die ster van die Chaukhtatgyi-tempel in Jangon. Hy is 'n verstommende 65 meter lank en 16 meter hoog - dus nie 'n dwergie nie. Sy voetsole bevat 108 segmente wat "lakshanas" uitbeeld - karakters/prentjies wat vir Boeddiste van waarde is.

Die monnikkies by die Mahagandyahon klooster het die eetsaal stil betree en geduldig gewag vir almal se kos om ingeskep te word, voordat hulle met 'n minuut se dreunsang weggeval het. Eers daarná het hulle weggeval aan die kos - in absolute stilte. Daar was geen kosgooiery of 'n geburpery of hoegenaamd enige aapstreke nie. Dit was inderwaarheid die vreed(t)saamste groep vretende jongmense wat ek in my hele lewe aanskou het.

Hier is hulle nou - die Boeddha se grootste fans! Wys jou net - selfs vir Boeddhiste, wat alom bekend is vir hulle minimalistiese lewenswyse, is selfone deesdae onontbeerlik.

'n Paar monnikke maak gereed om by te dra tot die gewigsprobleem van die al-groter-wordende-Boeddha in Mandalay.

Aanstap, maroenes, die pad is lank en swaar. 'n Paar van die sowat 1 500 jong monnikke by die Mahagandhayon klooster in Amarapurna, waar ons die geleentheid gehad om te sien hoe dié peonskop bulletjies vir hulle eerste en laaste maaltyd van die dag aantree.

Die Boedha in Mandalay wat al groter en groter en groter word - die een waar 'n velletjie gold leaf soos 'n taai stukkie snot verbete aan my vingerpunte vasgeklou het. Sien bladsy 94 vir die hele storie.

Ai tog, wat is dit tog met religieë en hulle teenstand teen vroue? As dit nie die Taliban is nie, dan is dit die Boeddhiste in Mandalay. Kom tog net by, ouens. Dis immers 2024, nie 1524 nie!

Gooi maar! Ek staan reg om dit te vang!

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.