Fanie Os Oppie Jas

Ondanks sy juweel van ’n Afrikaanse naam verkeer Fanie van der Merwe reeds vir langer as twee dekades in selfopgelegde ballingskap. Danksy sy nering as geskiedenisonderwyser aan internasionale skole kry hy klokslag geleentheid om te reis, en dít doen hy met oorgawe. Só het hy reeds meer as vyftig lande besoek, met dubbel daardie getal wat nog op sy wenslys wag.

Met hierdie versameling reisstories neem Fanie die leser op ’n warrelwindbesoek aan agt lande wat weinig op die gemiddelde reisiger se radar verskyn – Noord-Korea, Mianmar, Kambodja, Tibet, die Filippyne, Thailand, België, en die uithoeke van die VSA.

Pittige anekdotes, asemrowende foto’s en lighartige geskiedenisverwante vertelllings maak van dié boek ’n reisbundel soos wat nog selde in Afrikaans gesien is. Die vertellings sal verbluf en die foto’s sal betower, maar dis die humoristiese, tong-in-die-kies observasies wat selfs die mees huisvaste Jan Tuisblyer sal laat jeuk vir ’n internasionale reis.

Koop

Wat sê die mense?

Rina Pretorius - Die leser reis as’t ware saam met Fanie Os Oppie Jas met sy vele besoeke aan interessante wêrelddele. Hy is ’n woordkunstenaar par excellence.

Carla Snyman - Jou skryf en vertel is ’n ongelooflike ervaring vir ons as lesers. Ek sal bitter graag een van jou boeke wil koop – geteken sal ’n groot bonus wees. Dankie vir die saamtoer en die blik op ver plekke. Mooi loop en hope sukses, Fanie.

Vlooi Florence le Roux - Ongelooflik entertaining. Mal oor die humorsin.

Elrina Malan Juyn - Boeiend, fassinerend. Voel of ’n mens saam meedoen. Fanie mag maar!

Johlene Coetzee - Interessante onderwerpe, met ’n oog vir detail.

Elmarie Cronje - Elke reisverhaal neem ons saam op vêr en unieke paaie. Die foto-beskrywings is kosbaar en in ’n geliefde taal wat ons saamneem op ’n reiservaring. Ek sien baie uit na die boek!

Marianne Joubert Lombard - Baie interessante, humoristiese reisverhale. Ek kan nie wag vir die volgende aflewerings en die boek nie. Pragtige foto’s!

Marie van Jaarsveld - Vêr paaie en mooi plekke. Heerlik om saam te reis in keurige, lighartige Afrikaans! Sien uit na die boek en gaan dit vir seker by my versameling voeg. Wens vir jou groot sukses toe met die boek.

Jean Berendjen Pretorius Geldenhuys - Heerlik, heerlik. HEERLIK. Heerlik om so onbevange en vasgevang te lees! Kostelik kosbaar. Fyn waarnemings, lieflike taal! Hoera!

Louwtjie Pretorius - Beste rusbankreisgenoot.

Karen van Bosch - Humoristiese vertellinge, propvol interessante feite en ervaringe.... ek lees baie graag Fanie Os Oppie Jas se stories, en geniet ook die foto's. Sien uit na die boek!

Lizelle J van Rensburg - Fanie! Ons reis al jare saam en wag al lankal vir ’n boek! Super opgewonde.

Ester de Villiers - Baie interessante man wat op sy unieke en humoristiese manier ons laat saamreis na plekke wat ons nie eers van weet nie. Sien uit na sy boek.

Lorinda van Wyk - As jy lief is vir Afrikaans, is hierdie ’n moet. As jy lief is vir reis, is hierdie ’n dubbele moet. As jy, om welke rede ook al, nie self kan reis nie, is hierdie ’n driedubbele moet!

Susan vd Berg - Heerlike leesstof in Afrikaans. Lekker ontspannend en raak beskrywings.

Johanna Wasserman van Wyk - Ons reis saam met hom na onbekende plekke, hy vertel lekker stories wat die virtuele reis baie lekker maak. Ons leer ook van die vreemde lande se kultuur en dinge.

Trudie Liebenberg - Wat ’n wonderlike avontuur!

Brand logo
Volg my, maar moenie my ágtervolg nie.